All posts by Kierie2015

Arno en Anet Mattheus

Liefste Suzette en personeel, Daar is min dinge in ’n ouer se hart so kosbaar soos die wete dat jou kind veilig, geliefd en gelukkig is — en dit is presies wat ons by Kieriebeentjies gevind het.

Van die eerste dag af het ons gevoel ons kinders is nie net nóg ’n naam op ’n lys nie, maar deel van ’n familie. Die liefde, geduld en opregte omgee van elke juffrou het ’n blywende indruk op ons én ons kinders gemaak. Dit was ongelooflik om te sien hoe hulle selfvertroue blom, hoe hulle met groot glimlagte uitstap en elke oggend opgewonde was om terug te gaan.

Kieriebeentjies het vir ons kinders meer as net onderrig gegee — hulle het hulle waarde geleer, hulle aangemoedig om groot te droom en ’n veilige plek geskep waar hulle hul unieke persoonlikhede kon ontdek en ontwikkel. As ouers het dit vir ons soveel gemoedsrus gegee om te weet ons kinders word met soveel liefde en respek hanteer.

Ons harte is vol dankbaarheid vir die verskil wat Kieriebeentjies in ons gesin se lewe gemaak het. Hierdie was nie net ’n kleuterskool nie — dit was ’n tweede huis.

Baie, baie dankie vir alles wat julle doen en wie julle is. Ons sal hierdie jare altyd koester.

Liefde
Arno en Anet Mattheus

Louise Smith

Liewe Suzette

Ons voel werklik geseënd dat ons deel van die Kieriebeentjies familie kon wees.

Oor die afgelope vyf jaar het my kind ongelooflik ontwikkel en soveel selfvertroue opgebou. My kind gaan elke dag met ’n glimlag skooltoe en geniet haar tyd by die skool ten volle.

Die personeel was deur die jare liefdevol, geduldig en opreg besorg oor my kind. Ek kon met ’n vrymoedige hart met hulle praat, hetsy oor iets wat my pla of selfs net om te hoor hoe dit met my kind gaan. Suzette en haar span het altyd met groot sorg en begrip na elke situasie gekyk, en ek het nog altyd gevoel my kind is veilig, geliefd en goed versorg.

Kieriebeentjies Kleuterskool het my kind ’n wonderlike grondslag gegee vir haar skoolloopbaan. Ek sal hulle sonder twyfel aanbeveel aan enige ouer wat ’n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing vir hul kind soek.

Uit die diepte van my hart dankie! Hierdie skool sal altyd ’n spesiale plek in ons harte hê.

Liefde
Louise Smith.

Lisinda Jacobs

Liewe Suzette

Ek weet ek jou al so baie bedank dat jy so goed na Taya omgesien het, maar ek dink nie ek sal ooit genoeg dankie kan se nie. Van die eerste dag wat ons haar daar afgelaai het (al huilend) het jy ‘n fantastiese werk gedoen om seker te maak ek weet die hele tyd sy is okay.

Die atmosfeer by Kieriebeentjies is so lekker en gemaklik. Jy doen rerig baie moeite met elke kind wat daar is. Hulle kan op hulle gemak en tuis voel. Jy het ook die beste helpers wat die kinders LOVE!

Dankie vir die grondslag wat jy neergele het in haar opvoeding. Sy sal altyd ‘n stappie voor wees dankse jou. Jy het vir Taya soveel selfvertroue geleer om enige iets aan te pak.

Jy sal altyd ‘n baie spesiale plek in ons harte he.

Liefde
Lisinda

Chantal van Niekerk

I approached Suzette at Kieriebeentjies because my daughter needed to start attending school and I was attracted by the lovely premises of the school when driving past. This was one of the best decisions I have ever made.

My daughter loved going to school and couldn’t have been happier there for the three years she attended. She still talks about “Tannie Suzette” and often goes back to visit the staff.

As any parent can attest, your child’s happiness is of the utmost importance and I dropped my child off without the slightest hesitation. We were so happy with the school and the teaching obtained, that we will be “repeat customers” next year when my son will start attending Kieriebeentjies, and will be, not doubt, as happy as his sister was!

Annette Maranta

Kieriebeentjies is die beste ding wat met my kinders kon gebeur het in hul jong ontwikkelende jare.  Ons was absoluut mal oor die veilige, liefdevolle omgewing.

Van die Juffrouens tot die assistente is 100% gefokus op jou kind.

Elke kind maak saak en word opgebou, gestimuleer tot die beste van sy vermoë.

Jy kan enige tyd daar instap en jou kind glimlag altyd, is veilig, en almal op hul pos.

My kinders het met ‘n voorsprong die laerskool ingestap.  Trots, vol selfvertroue, meer as gereed vir die werk wat voorlê.  Selfs die laerskool juffrouens het al opgemerk dat Kieriebeentjies se kinders uitstaan.  Ek is ‘n trotse kieriebeentjies ouer.

Marlize Bester

Dit is met ‘n dankbare hart dat ek getuig van Kieriebeentjies kleuterskool.

In die tyd wat my tweeling by kieriebeentjies spandeer het, het ek hul ontwikkeling dopgehou.  Hul was gestimuleer nie net op akademiese vlak nie maar het by kieriebeentjies baie waardevolle sosiale en emosionele lessies geleer.

Hul albei was omvou met liefde en omgee.  Hul was toegelaat om teen hul eie spoed te ontwikkel.  Elkeen se individuele persoonlikheid was geakkomodeer en was aangemoedig om net hulself te wees en nie net die “tweeling” nie.

Die klein klas opset was baie waardevol en hul het albei belangrik en geliefd by die skool gevoel.  Liefdevolle personeel het bemoeienis gemaak met my kinders, iets waaroor ek baie dankbaar is.  Elke ouer wil he hul kinders moet gelukkig en gekoester voel by die skool, en juis dit het my kinders by Kieriebeentjies kleuterskool ervaar.

Ek voel Kieriebeentjies kleuterskool was ‘n integrale stap in hul albei se voorbereiding vir skool.

Dankie Suzette en personeel vir jul liefde en omgee.

Linda Misauer

As a parent, I entrust my greatest blessing to the staff at Kieriebeentjies every day, and I am grateful for the loving care and guidance she receives.  The teachers and assistants are always so pleasant and upbeat, they create a really positive environment for the kids! I can feel that it is truly a family environment and that makes it so much easier for me to go to work and leave my little girl for the day.

They offer great art projects, time outside, as well as beginning academics to help the kids get introduced to school. You can see that the curriculum is very carefully considered and varies week to week. They actively inspire her to learn & do her best and she has excelled academically. This is important as a baseline for her future success. She also loves all the extra activities that they offer like swimming, ballet, kiddi play etc.

The saying, ‘It takes a village to raise a child’, is so true and we are one lucky family to have had Kieriebeentjies be part of our village!”