Kieriebeentjies is die beste ding wat met my kinders kon gebeur het in hul jong ontwikkelende jare. Ons was absoluut mal oor die veilige, liefdevolle omgewing.
Van die Juffrouens tot die assistente is 100% gefokus op jou kind.
Elke kind maak saak en word opgebou, gestimuleer tot die beste van sy vermoë.
Jy kan enige tyd daar instap en jou kind glimlag altyd, is veilig, en almal op hul pos.
My kinders het met ‘n voorsprong die laerskool ingestap. Trots, vol selfvertroue, meer as gereed vir die werk wat voorlê. Selfs die laerskool juffrouens het al opgemerk dat Kieriebeentjies se kinders uitstaan. Ek is ‘n trotse kieriebeentjies ouer.