Dit is met ‘n dankbare hart dat ek getuig van Kieriebeentjies kleuterskool.
In die tyd wat my tweeling by kieriebeentjies spandeer het, het ek hul ontwikkeling dopgehou. Hul was gestimuleer nie net op akademiese vlak nie maar het by kieriebeentjies baie waardevolle sosiale en emosionele lessies geleer.
Hul albei was omvou met liefde en omgee. Hul was toegelaat om teen hul eie spoed te ontwikkel. Elkeen se individuele persoonlikheid was geakkomodeer en was aangemoedig om net hulself te wees en nie net die “tweeling” nie.
Die klein klas opset was baie waardevol en hul het albei belangrik en geliefd by die skool gevoel. Liefdevolle personeel het bemoeienis gemaak met my kinders, iets waaroor ek baie dankbaar is. Elke ouer wil he hul kinders moet gelukkig en gekoester voel by die skool, en juis dit het my kinders by Kieriebeentjies kleuterskool ervaar.
Ek voel Kieriebeentjies kleuterskool was ‘n integrale stap in hul albei se voorbereiding vir skool.
Dankie Suzette en personeel vir jul liefde en omgee.