Category Archives: Uncategorized

Arno en Anet Mattheus

Liefste Suzette en personeel, Daar is min dinge in ’n ouer se hart so kosbaar soos die wete dat jou kind veilig, geliefd en gelukkig is — en dit is presies wat ons by Kieriebeentjies gevind het.

Van die eerste dag af het ons gevoel ons kinders is nie net nóg ’n naam op ’n lys nie, maar deel van ’n familie. Die liefde, geduld en opregte omgee van elke juffrou het ’n blywende indruk op ons én ons kinders gemaak. Dit was ongelooflik om te sien hoe hulle selfvertroue blom, hoe hulle met groot glimlagte uitstap en elke oggend opgewonde was om terug te gaan.

Kieriebeentjies het vir ons kinders meer as net onderrig gegee — hulle het hulle waarde geleer, hulle aangemoedig om groot te droom en ’n veilige plek geskep waar hulle hul unieke persoonlikhede kon ontdek en ontwikkel. As ouers het dit vir ons soveel gemoedsrus gegee om te weet ons kinders word met soveel liefde en respek hanteer.

Ons harte is vol dankbaarheid vir die verskil wat Kieriebeentjies in ons gesin se lewe gemaak het. Hierdie was nie net ’n kleuterskool nie — dit was ’n tweede huis.

Baie, baie dankie vir alles wat julle doen en wie julle is. Ons sal hierdie jare altyd koester.

Liefde
Arno en Anet Mattheus

Louise Smith

Liewe Suzette

Ons voel werklik geseënd dat ons deel van die Kieriebeentjies familie kon wees.

Oor die afgelope vyf jaar het my kind ongelooflik ontwikkel en soveel selfvertroue opgebou. My kind gaan elke dag met ’n glimlag skooltoe en geniet haar tyd by die skool ten volle.

Die personeel was deur die jare liefdevol, geduldig en opreg besorg oor my kind. Ek kon met ’n vrymoedige hart met hulle praat, hetsy oor iets wat my pla of selfs net om te hoor hoe dit met my kind gaan. Suzette en haar span het altyd met groot sorg en begrip na elke situasie gekyk, en ek het nog altyd gevoel my kind is veilig, geliefd en goed versorg.

Kieriebeentjies Kleuterskool het my kind ’n wonderlike grondslag gegee vir haar skoolloopbaan. Ek sal hulle sonder twyfel aanbeveel aan enige ouer wat ’n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing vir hul kind soek.

Uit die diepte van my hart dankie! Hierdie skool sal altyd ’n spesiale plek in ons harte hê.

Liefde
Louise Smith.

Lisinda Jacobs

Liewe Suzette

Ek weet ek jou al so baie bedank dat jy so goed na Taya omgesien het, maar ek dink nie ek sal ooit genoeg dankie kan se nie. Van die eerste dag wat ons haar daar afgelaai het (al huilend) het jy ‘n fantastiese werk gedoen om seker te maak ek weet die hele tyd sy is okay.

Die atmosfeer by Kieriebeentjies is so lekker en gemaklik. Jy doen rerig baie moeite met elke kind wat daar is. Hulle kan op hulle gemak en tuis voel. Jy het ook die beste helpers wat die kinders LOVE!

Dankie vir die grondslag wat jy neergele het in haar opvoeding. Sy sal altyd ‘n stappie voor wees dankse jou. Jy het vir Taya soveel selfvertroue geleer om enige iets aan te pak.

Jy sal altyd ‘n baie spesiale plek in ons harte he.

Liefde
Lisinda